NG Levubu Boerebasaar

From: 12 September 2015 at 08:30 AM

Until: at

Location: NG Kerk, Levubu

Details:

Merk gerus 12 September op die kalender, want dit is wanneer die NG Kerk Levubu lekker boere­besaar gaan hou!
Die basaar vind plaas op die kerkterrein vanaf 08:30.
“Kom snuffel rond vir winskopies op alle terreine,” nooi die gemeente. By die plaasstal kan mens groente en vrugte baie goedkoop kry en in die teetuin is daar heerlike vars gebakte koek, vrugtesappe, tee/koffie met ‘n lekseltjie kondensmelk by pragtige gedekte tafels. Die koektafel is ook ‘n besoek werd met klein tot groot koeke, terte, koeksisters en nog vele meer. Moenie vergeet van die vleistafel, plante en ander lekker snuisterye soos pannekoek, stokworsies, aartappel op ‘n stokkie, vetkoek-en-maalvleis en self wafels met roomys nie.
Vanaf 12:00 sal daar lekker middagete beskikbaar wees, maar hiervoor moet vooraf kaartjies gekoop word. Daar sal beide ‘n skaap en vark op die spit gebraai word met potbrood, slaai, pap en sous. Vir kaartjies kan Elize Venter (079 884 4977) of Mykie Vosloo (084 483 0341)gekontak word. “Daar sal hope pret en plesier vir die hele fami­lie wees, asook ‘n kinderkunshoekie, aartappelresies, eiergooi en sakresies,” sê die gemeente.

Contact Person: Elize Venter

Tel: 079 884 4977

Email:

 

 

Go back to events

Upcoming Events